Vlindertjies

Die Vlindertjieklas is vir babas vanaf ouderdom 3 - 9 maande.  Hierdie klassie word oopgemaak wanneer ons huidige babaklas (die Vissies) hul maksimum kapasiteit bereik.  Dieselfde stimulasie en roetine as die Vissieklas word in die Vlinderklas aangebied.  Die klas bestaan uit maksimum tien babas met 3 personeellede.

The Vlinder class is for babies age 3 - 9 months.  We usually open this class when our current baby class (the Vissies) reaches maximum capacity.  The same stimulation and routine as in the Vissie class are offered in the Vlinder class.  The class consists out of a maximum of 10 babies with 3 staff members.

Rene Paulse

 

Hoof Toesighouer 2023- René Paulse

René Paulse het matrikuleer aan Lückhoff Senior Sekondêr, Stellenbosch en het daarna 'n sekretariële kursus voltooi by JCT. Sy het ook in 2020 haar Educare diploma verwerf by Northlink Kollege. Sy is getroud met twee dogters en woon in Cloetesville. René is baie betrokke by haar kerk. Sy is baie lief vir kinders en glo hulle is 'n gawe van God. Haar doelwit is om altyd haar beste te gee vir Kabouterland se kinders.

Sy wil graag aanhou om te groei as 'n versorger vir ons babas en is dankbaar dat sy 'n verskil kan maak in elke klein kaboutertjie se lewe. ”Ek kan alles doen deur Christus wat my die krag gee.''.

Your “kabouter” is my “kabouter”

Assistente

Maurena

Maurena

Joanne

Loer in die Klas