Vissie

Die Vissieklas is vir die babas van 3 tot 12 maande. Ons begin aanvanklik met slegs een klassie en deel later in twee soos nuwe babas by ons aansluit. Elke klas het 10 babas en drie personeellede.

The Vissie class is for the babies from 3 - 12 months.  We initially only start with one class at the beginning of the year and later split into two if needed (as new babies join Kabouterland).

 

Hoof Toesighouer 2023- Angie Elbrink

Angie is gebore en het grootgeword in Stellenbosch.  Sy is die oudste van vier kinders.  Angie is getroud en het twee kinders van haar eie.  Haar passie om met kinders te werk het al vroeg kop uitgesteek.  Sy het haar skoolloopbaan by Hoërskool Stellenzicht Sekondêr voltooi, waarna sy ‘n ECD kursus by Boland Kollege voltooi het.  Angie is al vir meer as 10 jaar deel van die Kabouterland familie.  Sy glo ‘n opvoeder moet ‘n klein bietjie mamma, ‘n klein bietjie verpleegster en baie van ‘n engel wees.  Sonder God is alles tevergeefs.

“Wees elke dag liefdevol en goedhartig.  Daar is niks mooier as ‘n hart vol omgee, liefde, hoop, blydskap, dankbaarheid, verdraagsaamheid, nederigheid en sagmoedigheid nie.”

Assistente

Sanna

Sanna

Chevonne