Muisklas

Die Muise klas is vir die kleuters van 4 tot 5 jaar. Ons het een klas vir 2020 met 30 kabouters en twee assistente.

Onderwyseres - Ronél de Villiers

Ronél de Villiers is in Brackenfell gebore en het daar groot geword en haar skoolloopbaan voltooi. Sy het haar Educare Diploma by Boland Kollege, Stellenbosch verwerf. Sy het voorheen by Tingeling Dagsorgsentrum gewerk en haar passie lê by die 4- tot 5-jariges en sy geniet dit om hulle voor te berei vir skoolgereedheid.Ronel is dol oor die buitelug en doen graag aktiwiteite in die natuur.  Sy is baie lief vir diere en het ook twee honde. Sy is gedurende 2018 getroud.Sy is baie bly om deel van die Kabouterland familie te wees.

”Teachers who love teaching, teach children to love learning.”

Assistente

Yolande & Verna

Loer In Die Klas