Bytjieklas

Die Bye is vir die kleuters van 3 tot 4 jaar. Die klas het 24 kleuters en twee personeellede.

Onderwyseres 2021 - Vasthi Hoon

Vasthi het grootgeword in Johannesburg en matrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria. Sy is die middelste van drie kinders. Sy het BSc Bewarings Ekologie aan die US studeer. Daarna het sy Vroë Kind-Ontwikkeling studeer by Boland Kollege. Vasthi se stokperdjies is fotografie en sy het gedurende 2009 'n fotografiekursus voltooi by die Stellenbosch Instituut vir Fotografiese Dienste. 

Vasthi is baie lief vir kinders en geniet die natuurlewe, veral die Kruger Wildtuin. Sy is 'n groot WP- en Stormer-ondersteuner. Kabouterland is trots daarop dat sy vanaf begin 2012 deel is van die Kabouterland-familie.  Sy is dan ook einde 2012 getroud en het intussen die trotse mamma geword van twee dogtertjies, Nina en Mia. Vasthi is altyd bereid om 'n ekstra myl saam met ons kabouters te stap.

”Jy leer mense hoe om jou te hanteer deur die manier waarop jy jouself behandel.”

Assistente

Yolande

Loer In Die Klas