Gebore uit liefde, geloof en ’n diepe roeping.
In 1990 het Stigter Tannie Reana Brink – ook bekend as “Mamma van Kabouterland” – besef dat sy nie met gemoedsrus haar eie twee seuns (3 jaar en 9 maande oud) in die beskikbare versorging kon los terwyl sy werk nie.
In plaas daarvan het sy besluit om tuis te bly en nog ses kindertjies liefdevol in hul woonhuis in Die Boord te versorg – en so het die eerste saadjie van Kabouterland begin groei.
Van ’n woonhuis in Die Boord tot Paradyskloof
Die Begin in Die Boord
Tannie Reana bly tuis by haar twee seuns (3 jaar en 9 maande) en begin om nog ses kindertjies liefdevol in hul woonhuis in Die Boord te versorg.
70 Kinders & ’n Droom
Binne drie jaar groei die klein skooltjie tot 70 kinders en 10 personeellede. Tannie Reana kry ’n Godgegewe droom oor ’n erf en vind die presiese oop stuk grond langs die destydse Trek Garage in Paradyskloof.
Die Nuwe Gebou Open
Na vyf jaar van bid, wag en werk koop sy die erf in 1996 by Engen, laat dit hersoneer, en begin bou. Ten spyte van groot finansiële uitdagings voorsien God, en in 1997 maak Kabouterland sy deure in die nuwe gebou oop.
Meer as 35 Toegewyde Tannies
Vandag staan Kabouterland onder leiding van Prinsipaal Tannie Kim Wiese en meer as 35 toegewyde Tannies, met die missie om elke kind se unieke potensiaal deur liefde, spel, struktuur en geloof te ontwikkel.
Vier pilare waarop elke dag gebou is
Liefde
Elke kind word met geduld, warmte en persoonlike aandag ontvang sodat hulle elke dag veilig en geliefd voel.
Spel
Kinders leer en groei die beste wanneer hulle kan lag, verken en deur kreatiewe spel die wêreld ontdek.
Struktuur
’n Voorspelbare, rustige daaglikse roetine gee kleintjies gemoedsrus en die selfvertroue om te floreer.
Geloof
Ons skool is gebou op gebed, dankbaarheid en respek vir mekaar en vir die natuur rondom ons.
Ontmoet die Tannies wat elke dag ’n verskil maak
Agter elke glimlag en elke nuwe mylpaal staan ’n span van meer as 35 passievolle Tannies wat jou kind op die naam ken. Kom stel jouself voor aan ons bestuur en klaskamer-span.
Ontmoet ons span →