Pikkewynklas

Die Pikkewyne-klas is vir kleuters 2½- tot 3-jaar oud.  Die klas het 22 kabouters een onderwyseres en een voltydse assistent met nog 'n hafdag- assistent.

Justine Nolan - Klasonderwyseres 2020

Justine het in Stellenbosch groot geword waar sy by Luckhoff Hoër gematrikuleer het. Sy het by Boland Kollege gestudeer en is vanaf 2011 deel van die Kabouterland span. Justine is getroud en het twee dogtertjies.
 
Sy geniet dit om met kinders te werk en geniet veral die sê-goed waarmee hulle vorendag kom. Haar passie is om kinders gelukkig te hou en hulle op 'n  interessante manier te stimuleer dat hulle dit geniet om elke dag skooltoe te kom. Sy wil graag ons kabouters net soos haar eie kinders versorg.
 
Justine geniet dit om te lees of om te ontspan met 'n fliek.

”To teach is to touch lifes forever”

Assistente

Verinia & Marilize

Loer In Die Klas