Beertjies

Die Beertjies is vir die peuters van 18 tot 24 maande. Die klas het 18 peuters en vier personeellede.

The Beertjie class is for the Toddlers from 18-24 months.  The class has 18 children and 4 staff members.

Monique Adams

Hoof Toesighouer 2023 - Monique Adams

Monique is in Stellenbosch gebore en het ook hier grootgeword en matrikuleer aan Cloetesville Hoër.  Sy is die oudste van twee kinders. Monique het gedurende 2016 haar Educare diploma verwerf aan Boland Kollege. Sy het eers by Babin en daarna by “Little light Bulbs” gewerk voor sy gedurende 2018 by Kabouterland aangesluit het. Sy het gedurende 2019 ‘n pragtige babaseuntjie verwelkom. Monique het ‘n groot passie vir kinders.  Sy geniet elke oomblik daarvan om met ons klein mensies te werk. Sy sê dat elke kind diep spore in haar hart trap en dat God vir haar hierdie liefde en geduld in haar hart geplaas het om met Sy kosbare kindertjies te werk. Haar strewe is om elke  dag ons kabouters huis toe te stuur met iets nuuts wat hulle by haar geleer het.

“Ek glo dat geloof berge kan verskuif"

Assistente

Bianca

Bianca

Chadia

Chadia