Vlindertjies

Die Vlindertjies is vir die babas van 3 tot 12 maande. Ons begin aanvanklik met slegs een klassie en deel later in twee soos nuwe Vlindertjies by ons aansluit. Elke klas het 10 babas en drie personeellede.

Rene Paulse

 

Hoof toesighouer 2021- René Paulse

René Paulse het matrikuleer aan Lückhoff Senior Sekondêr, Stellenbosch en het daarna 'n sekretariële kursus voltooi by JCT. Sy is tans besig met haar Educare diploma. Sy is getroud met twee dogters en woon in Cloetesville. René is baie betrokke by haar kerk. Sy is baie lief vir kinders en glo hulle is 'n gawe van God. Haar doelwit is om altyd haar beste te gee vir Kabouterland se kinders.

Sy wil graag aanhou om te groei as 'n versorger vir ons babas en is dankbaar dat sy 'n verskil kan maak in elke klein kaboutertjie se lewe. ”Ek kan alles doen deur Christus wat my die krag gee.''.

“Jou kabouter is my kabouter"

Assistente

Joanne

Joanne

Maurena

Maurena