Oor Ons

Ons storie - Die onstaan van Kabouterland

Psalm 121:1-2 – “Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”

Kabouterland is gebore uit liefde, geloof en ’n diepe roeping.

In 1990, het ek – Reana, ook bekend as “Mamma van Kabouterland” – besef dat ek nie met gemoedsrus my twee seuns (3 jaar en 9 maande oud) in die beskikbare versorging kon los terwyl ek werk nie. In plaas daarvan het ek besluit om tuis te bly en begin om nog ses kindertjies liefdevol in ons woonhuis in Die Boord te versorg.

Binne drie jaar het die klein skooltjie gegroei tot 70 kinders met 10 personeellede. Die hele huis is uiteindelik gebruik om voorsiening te maak vir hierdie groeiende behoefte.

Tydens hierdie tyd het ek ’n droom gehad – ’n Godgegewe opdrag om ’n skool te bou. Ek het die erf in die droom duidelik gesien en gaan soek… en gevind – ‘n oop stuk grond langs ’n Trek Garage in Paradyskloof wat toe nog onder ontwikkeling was.

Na vyf jaar van bid, wag en werk het ek in 1996 die erf van Engen gekoop, dit laat hersoneer, en begin bou. Die finansiële uitdaging was groot, maar God het voorsien. In 1997 het Kabouterland sy deure oopgemaak in die nuwe gebou – ’n droom wat werklikheid geword het.

Vandag staan Kabouterland as ‘n baken van liefde en kwaliteit versorging met meer as 40 toegewyde personeellede, en die missie om elke kind se unieke potensiaal te ontwikkel – met liefde, spel, struktuur en geloof as ons grondslag.

Meer oor ons

Bestuur

Kantoor

Kombuis en Terrein

 

Speel Terrein

Ons Bussies

Scroll to top
error: Content is protected !!