Die Muise-maatjies vorm deel van twee klasse, Muise A en Muise B, met 'n effens aangepaste roetine in die middae. Tydens die middag gaan Tannie Alta na die Nasorg om by die ouer maatjies aan te sluit, terwyl Tannie Pruden by Muise A aansluit. Gedurende skoolvakansies smelt die twee klasse saam om saam te speel en te leer.
Alta Swart
Hoof: Muise AEk is Alta Swart, gebore en getoë in die Paarl. Ek is die jongste van drie kinders en het my Educare-kursus voltooi aan Tygerberg Kollege. Ek is getroud en die trotse mamma van twee pragtige dogtertjies, Elizca en Juané.
Ek is al vir 'n geruime tyd deel van die Kabouterland-familie, waar ek elke dag met oorgawe werk. Ek sien myself as 'n positiewe en gemotiveerdepersoon, en ek is altyd bereid om ‘nhand te gee – jy kan enige tyd op mystaatmaak!
Yolandé Crowley
Yolandé is 'n rustige en betroubare persoon met 'n liefde vir kinders. Sy skep 'n versorgde omgewing vir hulle.
Pruden Hlahatsi
Pruden is 'n energieke persoon wat dit geniet om met kinders van alle ouderdomme te werk. Sy is betroubaar en skep 'n positiewe atmosfeer in enige vertrek.
Bernine Kloppers
Hoof: Muise BEk is Bernine Kloppers en ek hetgrootgeword in die rustige dorpieHopefield. Na skool het ek verder gaanstudeer aan Tygerberg, en kort daarnahet ek na Londen vertrek, waar ek virdrie jaar skoolgegee het.
Tydens my tyd oorsee het ek ookGrondslagfase-onderwys deur CALCollege voltooi. Náá Londen het ek virnog vyf jaar in Bangkok gewoon, waarek skoolgegee het vir graad R-leerders– ’n ongelooflike ervaring wat my baiegeleer het.
Terug in ons mooie Suid-Afrika het ekby verskeie skole ingespring en gehelpwaar ek kon. Nou is ek baie opgewondeom deel te wees van die Kabouterland-span!
Ek is ’n baie aktiewe persoon en genietverskeie sportsoorte. Daar is min dingewat my meer vreugde gee as om saammet my hond en beste maat, Bentley, tegaan stap – dit is regtig sielskos vir my.
Verinia Williams
Verinia is 'n vriendelike en rustige persoon wat graag met kinders werk en betrokke is by hul ontwikkeling.
