Bytjieklas

Ouderdom: 3 – 4 jaar
Aktiewe en leergierige kleuters wat floreer in speelse leerervarings en kreatiewe uitdrukking.

Age: 3 – 4 years
Active and curious preschoolers who thrive in playful learning and creative expression.

Hoof Toesighouer 2025 – Vasthi Hoon

Ek is Vasthi Hoon, en ek het grootgeword in Johannesburg. Ek het aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria gematrikuleer en is die middelste van drie kinders.

Na skool het ek BSc in Bewaringsekologie aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer. My liefde vir kinders het my egter op 'n ander pad geneem, en ek het daarna Vroeë Kind-Ontwikkeling studeer aan Boland Kollege.

Een van my groot stokperdjies is fotografie – ek het in 2009 'n kursus voltooi aan die Stellenbosch Instituut vir Fotografiese Dienste. Ek geniet dit ook om tyd in die natuur deur te bring, veral in die Krugerwildtuin. Verder is ek 'n lojale ondersteuner van WP en die Stormers!

Ek is al sedert begin 2012 deel van die Kabouterland-familie, en dit is vir my ‘n voorreg om elke dag met ons spesiale kabouters te werk. Aan die einde van 2012 is ek getroud, en ek is die trotse mamma van twee dogtertjies, Nina en Mia.

As hoof toesighouer is dit vir my belangrik om elke kind met liefde en sorg te benader, en ek is altyd bereid om die ekstra myl saam met hulle te stap.

“Jy leer mense hoe om jou te hanteer deur die manier waarop jy jouself behandel."

Assistente

Verinia Williams

Hoof: Kleueters 2025 – Kyla De Swardt

Time spent playing with children is never time wasted.

Loer in die klas

Scroll to top
error: Content is protected !!