Beertjieklas
Ouderdom: 18 – 24 maande
Peuters wat besig is om hul eie stem en ritme te vind deur speel, leer en interaksie.
Age: 18 – 24 months
Toddlers discovering their voice and rhythm through play, learning, and interaction.


Hoof Toesighouer 2025 – Amber Cornelisen
Hallo! Ek is Amber Cornelisen. Ek is gebore en getoë in Stellenbosch, en ek het in 2015 matriek geskryf by Cloetesville Hoërskool. Daarna het ek verder gaan studeer aan Boland Kollege, waar ek my N6-sertifikaat in Vroeë Kinderontwikkeling voltooi het. Hierdie jaar is my negende jaar wat ek met kinders werk, en ek kan eerlik sê – ek geniet dit vreeslik baie!
Ek het ’n groot liefde vir geestelike musiek wat my siel voed en inspireer. Ek hou ook daarvan om in die natuur te gaan stap en net vars lug en vrede te ervaar. En natuurlik – ek is altyd in vir ’n lekker inkopietog… ek glo daaraan om behoorlik te “shop till I drop”!
’n Paar prettige feite oor my: Ek is mal oor die kleur beige – dis kalm en klassiek. Ek het vir ’n jaar in Nederland gewoon en verstaan die taal so ’n bietjie. Ek was al gelukkig genoeg om te reis na plekke soos Parys, Duitsland en België. En in 2013 het ek ook as Sondagskoolonderwyseres begin diens doen – iets wat my liefde vir kinders net verder aangevuur het.
Ek sien uit daarna om elke dag ’n verskil te maak in die lewens van die klein kaboutertjies wat aan my toevertrou word.
Dit kos ‘n groot hart om klein gedagtes te vorm.
Assistente

Chadia Seals

Ella Jaars

Hoof: Peuters 2025 - Katrina Krause
"Teaching is a noble calling that requires patience, dedication, and a passion for shaping young minds."