Beertjies Klas Banner
Shannon Williams

Shannon Williams

Hoof Toesighouer

Hallo, ek is Shannon Williams. Ek het grootgeword in Jamestown, Stellenbosch en het my matriek aan Lückhoff Hoërskool voltooi. Ek het my N6-kwalifikasie in Educare aan Boland Kollege in 2017 verwerf, en het dadelik daarna by Kabouterland as assistent begin werk.

Ek is baie lief vir kinders en het 'n natuurlike passie om vir hulle te sorg en hulle te ondersteun. Ek is 'n vriendelike, eerlike en betroubare persoon wat graag 'n verskil wil maak in elke klein Skilpadjie se lewe.

Ek is avontuurlustig en hou daarvan om nuwe plekke te besoek. Ek neem nuwe uitdagings ernstig op en doen my beste om dit suksesvol af te handel. Ek is ook ma van my seuntjie, Carter, wat my elke dag inspireer om met liefde en toewyding te werk.

“Elke fout wat jy begaan is 'n leerproses om in die toekoms beter te doen.”
Chadia Seals

Chadia Seals

Assistent

Chadia het 'n groot hart vir kinders en benader hulle met liefde en geduld. Sy is toegewyd aan die versorging en ondersteuning van elke kind.

Samantha Jacobs

Samantha Jacobs

Assistent

Samantha het 'n natuurlike liefde vir kinders en benader hulle met geduld en begrip. Sy ondersteun die kinders met sorg deur hul daaglikse roetine.

Katrina Krause (Hoof: Peuters)

katrina@kabouterland.co.za 076 815 4932

📅 Dagroetine

07:00Ontvang maatjies & vryspel
08:00Ontbyt
08:30Doeke ruil & vryspel
08:45Oggendkring
09:15Vryspel binne/buite
09:45Handjies was, broodjie & bottel
10:15Aktiwiteit (kuns, legkaarte, ens.)
10:45Vryspel binne/buite
11:15Sing & storietyd
11:30Middagete
11:45Tandjies borsel & gesiggies was
12:00Middagslapie
14:00Opstaan & bottel (water/tee/sap)
14:30Doekies ruil & vryspel
15:00Poeding
15:30Middag aktiwiteit
16:00Vryspel binne/buite
16:45Doekies ruil en gesiggies was
17:30Maatjies gaan huis toe
Scroll to Top