Beertjieklas

Ouderdom: 18 – 24 maande

Hoof Toesighouer 2026 – Shannon Williams

Hallo, ek is Shannon Williams. Ek het grootgeword in Jamestown, Stellenbosch en het my matriek aan Lückhoff Hoërskool voltooi. Ek het my N6-kwalifikasie in Educare aan Boland Kollege in 2017 verwerf, en het dadelik daarna by Kabouterland as assistent begin werk.

Ek is baie lief vir kinders en het ’n natuurlike passie om vir hulle te sorg en hulle te ondersteun. Ek is ’n vriendelike, eerlike en betroubare persoon wat graag ’n verskil wil maak in elke klein Skilpadjie se lewe.

Ek is avontuurlustig en hou daarvan om nuwe plekke te besoek. Ek neem nuwe uitdagings ernstig op en doen my beste om dit suksesvol af te handel.

Ek is ook ma van my seuntjie, Carter, wat my elke dag inspireer om met liefde en toewyding te werk.

“Elke fout wat jy begaan is 'n leerproses om in die toekoms beter te doen.."

Assistent

Chadia Seals

Assistent

Samantha Jacobs

Hoof: Peuters

Katrina Krause

Loer in die klas

Scroll to top