Vlindertjies 4 - 8 maande banier

In ons Vlindertjies-klas bied ons ’n sagte, rustige en liefdevolle hawe vir ons heel kleinste maatjies. Hier volg ons elke baba se eie voedings- en slaapritme met geduld, warmte en sensoriese ontdekking.

Tannie René Paulse

Tannie René Paulse

Klas-Tannie

Hallo, my naam is René Paulse. Ek het gematrikuleer aan Lückhoff Senior Sekondêr in Stellenbosch en daarna ’n sekretariële kursus voltooi by JCT. In 2020 het ek my Educare-diploma verwerf by Northlink Kollege.

Ek is getroud, het twee pragtige dogters en woon in Cloetesville. Ek is baie betrokke by my kerk en glo met my hele hart dat kinders ’n gawe van God is. My doelwit is om altyd my beste vir Kabouterland se kinders te gee. Ek wil graag aanhou om te groei as ’n versorger vir ons babas en is opreg dankbaar dat ek ’n verskil kan maak in elke klein kaboutertjie se lewe.

“Ek kan alles doen deur Christus wat my die krag gee.” – Filippense 4:13
Tannie Maurena

Tannie Maurena

Assistent

Tannie Maurena het ’n vriendelike geaardheid en werk graag met kinders. Sy geniet dit om deel te wees van hul daaglikse roetine en ontwikkeling.

Tannie Kyla de Swardt
Tannie Kyla de Swardt (Hoof)

Dagroetine

Elke baba se eie slaap- en voedingstye word gerespekteer
  • 07:00 Ontvang & vryspel
  • 07:30 Pappies
  • 08:30 Bybelstorie & liedjies
  • 08:45 Bottel & oggendslapie
  • 09:45 Opstaan & doekies ruil
  • 10:15 Oggendkring
  • 10:30 Oggend-aktiwiteit
  • 11:00 Vryspel
  • 11:30 Middagete
  • 12:00 Bottel & slaap
  • 14:00 Opstaan & bottel
  • 14:15 Doekies & gesiggies was
  • 14:30 Middag-aktiwiteit
  • 15:00 Poeding
  • 15:30 Vryspel
  • 16:00 Musiek-aktiwiteit
  • 16:30 Middagslapie
  • 16:45 Opstaan & doekies ruil
  • 17:30 Maatjies gaan huis toe

Benodigdhede

Alles asseblief duidelik gemerk
  • 1x Pak doeke
  • 1x Boudesalf
  • 2x Wipes
  • 1x Warm kombers / winter-slaapsak
  • 1x Receiver blanket / somer-slaapsak
  • 1x Kussing (opsioneel)
  • 1x Beddegoed-sak
  • 2x Waslappe
  • 2x Ekstra sokkies
  • 2x Ekstra klere (warm en koud)
  • 3/4 Bottels melk

Medisyne-houer (Roomysbak):

  • Koors-stroop (Panado/Calpol)
  • Buscopan-stroop
  • Seesout-neusdruppels (Saline)
  • Ekstra troosie (bv. dummy)
  • Watte / katoen
  • Medisyne-spuit
  • Vicks / smeer-salf
  • Dentinox / tandekry-gel
Scroll to top