Vissieklas

Ouderdom: 8 – 14 maande
Vir babas wat besig is om te kruip, staan en hul wêreld ontdek.

Age: 8 – 14 months
For babies who are starting to crawl, stand, and explore their world.

Hoof Toesighouer 2025 – Angie Elbrink

Hallo, ek is Angie Elbrink. Ek is gebore en het grootgeword in Stellenbosch. Ek is die oudste van vier kinders en ek is getroud met twee pragtige kinders. My passie om met kinders te werk het al vroeg begin.

Ek het my skoolloopbaan by Hoërskool Stellenzicht voltooi en daarna ’n ECD-kursus by Boland Kollege. Ek werk al meer as tien jaar by Kabouterland, en ek voel dit is ’n voorreg om deel van hierdie familie te wees.

Vir my is ’n opvoeder ’n bietjie mamma, ’n bietjie verpleegster, en baie van ’n engel. Ek glo dat sonder God is alles tevergeefs. Ek wil graag altyd my beste gee vir elke kind en ’n liefdevolle omgewing skep waar hulle kan groei en floreer.

“Wees elke dag liefdevol en goedhartig.  Daar is niks mooier as ‘n hart vol omgee, liefde, hoop, blydskap, dankbaarheid, verdraagsaamheid, nederigheid en sagmoedigheid nie.”

Assistente

Maurena Arnolds

Jayden Paulsen

Hoof: Peuters 2025 - Katrina Krause

"Teaching is a noble calling that requires patience, dedication, and a passion for shaping young minds."

Loer in die klas

Scroll to top
error: Content is protected !!