Vissieklas
Ouderdom: 8 – 14 maande
Hoof Toesighouer 2026 – Simone Matthee
Hallo, ek is Simone Matthee. Ek werk al meer as 30 jaar met kinders, en om saam met hulle te wees, is vir my nie net ’n beroep nie, maar ’n roeping. Kinders bring vir my vreugde, lig en betekenis—hulle laat alles om my tot rus kom. Ek het my opleiding by Boland College voltooi en my ECD Level 5-kwalifikasie verwerf, wat my ’n sterk grondslag gegee het om met selfvertroue en liefde in die klaskamer te staan. Ek sien dit as ’n voorreg om ’n veilige, warm en inspirerende plek te skep waar kinders kan leer, groei en hul unieke persoonlikhede kan ontdek. In my vrye tyd geniet ek die buitelewe en hou ek daarvan om rugby of krieket te gaan kyk. Ek is bekend vir my liefde vir lag en vir die manier waarop ek mense probeer inspireer en ophef. Vir my is elke kind kosbaar, en my doel is om hulle elke dag met liefde, geduld en opregte aandag te omring.
“Never dream of success but work for it. And always be positive.”
Assistent
Maurena Arnolds
Assistent
Sanna Christians
Hoof: Peuters
Katrina Krause