Skilpadjieklas

Ouderdom: 14 – 20 maande

Hoof Toesighouer 2026 – Amber Cornelisen

Hallo! Ek is Amber Cornelisen. Ek is gebore en getoë in Stellenbosch, en ek het in 2015 matriek geskryf by Cloetesville Hoërskool. Daarna het ek verder gaan studeer aan Boland Kollege, waar ek my N6-sertifikaat in Vroeë Kinderontwikkeling voltooi het. Hierdie jaar is my negende jaar wat ek met kinders werk, en ek kan eerlik sê – ek geniet dit vreeslik baie!

Ek het ’n groot liefde vir geestelike musiek wat my siel voed en inspireer. Ek hou ook daarvan om in die natuur te gaan stap en net vars lug en vrede te ervaar. En natuurlik – ek is altyd in vir ’n lekker inkopietog… ek glo daaraan om behoorlik te “shop till I drop”!

’n Paar prettige feite oor my: Ek is mal oor die kleur beige – dis kalm en klassiek. Ek het vir ’n jaar in Nederland gewoon en verstaan die taal so ’n bietjie. Ek was al gelukkig genoeg om te reis na plekke soos Parys, Duitsland en België. En in 2013 het ek ook as Sondagskoolonderwyseres begin diens doen – iets wat my liefde vir kinders net verder aangevuur het.

Ek sien uit daarna om elke dag ’n verskil te maak in die lewens van die klein kaboutertjies wat aan my toevertrou word.

Dit kos ‘n groot hart om klein gedagtes te vorm.

Assistent

Natasha Layman

Assistent

Jo-Anne De Clercq

Hoof: Peuters

Katrina Krause

Loer in die klas

Scroll to top