Pikkewyneklas
Ouderdom: 2,5 – 3 jaar
Hoof Toesighouer 2026 – Justine Nolan
Ek is Justine Nolan en het grootgeword in Stellenbosch, waar ek aan die Lückhoff Hoërskool gematrikuleer het. Ek het my opleiding aan Boland Kollege voltooi en is sedert 2011 deel van die Kabouterland-span.
Ek is getroud en die trotse mamma van twee dogtertjies.
Ek geniet dit om met kinders te werk en hou veral daarvan om te hoor wat hulle sê en die sê-goed waarmee hulle vorendag kom. My passie is om kinders gelukkig te hou en hulle op ‘n interessante en stimulerende manier te betrek, sodat hulle elke dag graag skool toe kom.
My wens is om ons kabouters net soos my eie kinders lief te hê en te versorg.
In my vrye tyd lees ek graag of ontspan met ‘n goeie fliek.
“To teach is to touch lives forever"
Assistent
Clarissa de Vos
Assistent
Jordan Smith
Hoof: Kleuters
Kyla de Swardt
