DIE BESTUUR

Waar elke kind met liefde, geloof en vreugde groei — vandag se glimlagte, môre se toekoms.

Mamma van Kabouterland

Ek is Reana, gebore in die klein dorpie Bedford in die Oos-Kaap en vandag ’n trotse Stellenbosser in hart en siel. Ná ek my BSc-graad aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi het, het ek in 1990 Kabouterland begin – aanvanklik vir my eie twee seuns. Wat as ’n klein groepie van ses kinders begin het, het gegroei tot ’n geloofsprojek vol liefde en genade. Vandag is ek die dankbare mamma van vier seuns én van ’n gemeenskap vol kabouterkinders. Kabouterland is vir my nie net ’n skool nie – dit is ’n roeping en ’n bediening.

Prinsipaal

Ek is Kim Wiese, gebore in Windhoek en grootgeword in Hermanus, waar ek ook gematrikuleer het. Ná ek my Educare-kwalifikasie aan Boland Kollege voltooi het, het ek in 2000 by Kabouterland aangesluit. Ek is getroud en mamma van twee pragtige dogtertjies, lief vir skoene, parfuum en baie lag! Ek is passievol oor groei – vir myself, ons kinders en ons span – en trots om deel te wees van hierdie wonderlike familie.

Hoof: Peuters

Ek is Katrina Krause, gebore in Johannesburg en in 2021 na Stellenbosch verhuis. Ná ek verskeie studierigtings verken het, het ek my roeping gevind in Educare, met ’n spesiale liefde vir kinders tussen 0 en 3 jaar. Ek dien ook in my kerk se kids ministry en is passievol oor kinders se fisiese en emosionele ontwikkeling. My doel is om ’n veilige, stimulerende ruimte te skep waar elke kleinding met liefde kan groei en floreer.

Hoof: Kleuters

Ek is Kyla De Swardt, gebore en grootgeword in Sannieshof in die Noordwes. Ná ek my BA in Geesteswetenskappe aan die NWU voltooi het, het ek na Stellenbosch verhuis en vir ses jaar as Educarer by BABIN gewerk. In 2023 het ek mamma geword van my seuntjie – iets wat my liefde vir kinderontwikkeling nog dieper gemaak het. Ek glo elke kind verdien ’n veilige, liefdevolle omgewing waarin hulle met selfvertroue kan groei.

PERSONEEL

Sophia
Scroll to top
error: Content is protected !!