Kwartaalbrief 1 | Jan 26

Beste ouers en maatjies,

Welkom terug! Dit is vir ons heerlik om almal weer te verwelkom in 2026.

Die jaar is nou amptelik volstoom aan die gang. Die ouervergaderings en klasteenwoordiger-vergaderings is suksesvol afgehandel, en ons wil graag elke ouer bedank wat dit bygewoon het. Dit was wonderlik om almal weer te sien en saam die jaar af te skop.

Ons vergadering met die klasteenwoordigers verlede Donderdag was spesifiek daarop gemik om die jaarprogram met hulle te bespreek, asook maniere waarop ouers kan help om hierdie jaar ’n groot sukses te maak. Die klasteenwoordigers gaan deur die jaar belangrike inligting met elke klas se ouers deel – hulle is die “skakel” tussen die skool en julle.

Ons buitemuurse aktiwiteite het ook hierdie week amptelik begin. Indien enige ouers vrae het, is julle baie welkom om my (Kim) te kontak.

Familiedag – Moenie Dit Mis Nie!

Ons is opgewonde oor ons komende Familiedag, en kan nie wag om saam met al ons ouers en maatjies te kuier nie. Kom geniet ’n heerlike piekniek en braai saam met ons:
📅 Saterdag, 21 Februarie
⏰ 10:00 – 15:00
📍 Huckleberry Fish Farm

Opwindende Nuus!

Ons partytjies kry vanjaar ’n bietjie van ’n “upgrade”! Daar gaan nuwe opsies beskikbaar wees om jou kind se verjaarsdag by ons nóg meer spesiaal te maak. Hou gerus ons kommunikasie dop vir meer inligting.

Koop & Verkoop Groep

Ouers is welkom om by ons Koop en Verkoop-groep aan te sluit. Die groep word gebruik om tweedehandse items te koop en verkoop. Die skool ontvang 20% van die wins wat gemaak word – ’n maklike manier om saam ons fondsinsamelings te ondersteun. Vir meer inligting, kontak Vivian
(079 076 1619).

Baie dankie vir julle volgehoue ondersteuning en samewerking. Ons sien uit na ’n fantastiese kwartaal saam met julle!

Warm groete,
Kim en die Kabouterland Span

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to top