Bytjieklas

Ouderdom: 3 - 4 jaar

Hoof Toesighouer 2026 – Vasthi Hoon

Ek is Vasthi Hoon, en ek het grootgeword in Johannesburg. Ek het aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria gematrikuleer en is die middelste van drie kinders.

Na skool het ek BSc in Bewaringsekologie aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi, maar my liefde vir kinders het my egter op 'n ander pad geneem. Ek het daarna Vroeë Kind-Ontwikkeling studeer aan Boland Kollege.

Een van my groot stokperdjies is tuinmaak en draf. Ek geniet dit ook om tyd in die natuur deur te bring, veral in Pringle Bay en Swellendam. Ek is betrokke by Kleuterkerk - Helderberg Gemeente.

Ek is al sedert begin 2012 deel van die Kabouterland-familie, en dit is vir my ‘n voorreg om elke dag met ons spesiale kabouters te werk. Aan die einde van 2012 is ek getroud, en ek is die trotse mamma van twee dogtertjies, Nina en Mia.

As hoof toesighouer is dit vir my belangrik om elke kind met liefde en sorg te benader, en ek is altyd bereid om die ekstra myl saam met hulle te stap.

Bee-lieve in yourself

Assistent

Verna Davids

Senior Koördineerder

Kyla de Swardt

Scroll to Top