Pikkewyne Klas Banner
Justine Nolan

Justine Nolan

Hoof Toesighouer

Ek is Justine Nolan en het grootgeword in Stellenbosch, waar ek aan die Lückhoff Hoërskool gematrikuleer het. Ek het my opleiding aan Boland Kollege voltooi en is sedert 2011 deel van die Kabouterland-span. Ek is getroud en die trotse mamma van twee dogtertjies.

Ek geniet dit om met kinders te werk en hou veral daarvan om te hoor wat hulle sê en die sê-goed waarmee hulle vorendag kom. My passie is om kinders gelukkig te hou en hulle op 'n interessante en stimulerende manier te betrek.

“To teach is to touch lives forever”
Clarissa de Vos

Clarissa de Vos

Assistent

Clarissa is 'n rustige en betroubare persoon wat haar rol in die klas met sorg vervul. Sy dra by tot 'n veilige en ondersteunende omgewing vir die kinders.

Jordan Smith

Jordan Smith

Assistent

Jordan is 'n vriendelike persoon wat graag tyd saam met die kinders spandeer. Sy help om 'n gemaklike en ondersteunende atmosfeer in die klas te skep.

Kyla de Swardt (Hoof: Kleuters)

kyla@kabouterland.co.za 076 152 0867

📅 Dagroetine

07:00Inkomtyd
08:00Ontbyt en hande was
08:30Buitespel (Afhangend van weer)
09:00Oggendkring en temasbespreking
09:30Buitemuurse aktiwiteit
10:00Kosblikkies
10:30Buitespel (Afhangend van weer)
11:00Kreatiewe aktiwiteit
11:45Storietyd
12:00Buitespel
12:30Middagete / tande borsel / toilet
13:00Slaaptyd / rustyd
14:00Opstaan / toiletroetine
14:30Vryspel binne/buite
15:00Poeding
15:30Na-middag aktiwiteit
16:00Vryspel binne/buite
17:00Maak reg om huis toe te gaan
Scroll to top