Eendjies Klas Banner
Kaamiela Adams

Kaamiela Adams

Hoof Toesighouer

Hallo, my naam is Kaamiela Adams. Ek is gebore in Stellenbosch en het grootgeword in Cloetesville. Ek is die enigste dogter in 'n gesin van vyf. Ek het my skoolopleiding by Lückhoff Hoërskool voltooi en daarna Vroeë Kinderontwikkeling by Boland Kollege gestudeer.

Ek gee baie om vir kinders, en daarom het ek besluit om my verder te kwalifiseer om hulle beter te kan help en ondersteun. Ek is getroud en het twee pragtige dogters. In my vrye tyd lees ek graag en gaan ek fliek.

“Wees altyd eerlik teenoor jou medemens en gee altyd jou beste.”
Natasha Daniels

Natasha Daniels

Assistent

Natasha is 'n omgee-persoon wat trots is op die rol wat sy in kinders se vroeë jare speel. Sy geniet dit om hulle te sien ontwikkel, leer en hul persoonlikhede uitleef.

Sophia Williams

Sophia Williams

Assistent

Sophia is 'n sagte en toegewyde persoon wat kinders met sorg benader. Sy geniet dit om hulle te ondersteun en deur hul daaglikse roetine te help.

Katrina Krause (Hoof: Peuters)

katrina@kabouterland.co.za 076 815 4932

📅 Dagroetine

07:00Ontvang maatjies & vryspel
08:00Ontbyt
08:15Handjies/gesiggies was & toiletroetine
08:30Vryspel binne/buite
09:00Oggendkring (Bybel/tema) & sang
09:30Kreatiewe aktiwiteit
10:00Sappie, happie & toiletroetine
10:30Opvoedkundige aktiwiteit
11:00Vryspel binne/buite
12:00Handjies was & middagete
12:20Tandjies borsel & gesiggies was
12:40Toiletroetine/doeke
13:00Middagslapie
14:15Opstaan & toiletroetine/doeke
15:00Poeding
15:30Middag aktiwiteit
16:00Vryspel binne/buite
17:00Oppak & skoonmaak
17:30Maatjies gaan huis toe
Scroll to Top