Seeperdjies Klas Banner
Simone Matthee

Simone Matthee

Hoof Toesighouer

Hallo, ek is Simone Matthee. Ek werk al meer as 30 jaar met kinders, en om saam met hulle te wees, is vir my nie net 'n beroep nie, maar 'n roeping. Kinders bring vir my vreugde, lig en betekenis—hulle laat alles om my tot rus kom.

Ek het my opleiding by Boland College voltooi en my ECD Level 5-kwalifikasie verwerf, wat my 'n sterk grondslag gegee het om met selfvertroue en liefde in die klaskamer te staan. Ek sien dit as 'n voorreg om 'n veilige, warm en inspirerende plek te skep waar kinders kan leer, groei en hul unieke persoonlikhede kan ontdek.

In my vrye tyd geniet ek die buitelewe en hou ek daarvan om rugby of krieket te gaan kyk. Ek is bekend vir my liefde vir lag en vir die manier waarop ek mense probeer inspireer en ophef. Vir my is elke kind kosbaar, en my doel is om hulle elke dag met liefde, geduld en opregte aandag te omring.

“Never dream of success but work for it. And always be positive.”
Veronique Vergotine

Veronique Vergotine

Assistent

Veronique is 'n vriendelike en sorgsame persoon wat kinders met geduld en aandag benader. Sy is 'n waardevolle deel van die span.

Phillidene Moses

Phillidene Moses

Assistent

Phillidene is 'n passievolle persoon wat graag met kinders werk. Sy dra by tot 'n positiewe en ondersteunende atmosfeer in die klas.

Katrina Krause (Hoof: Peuters)

katrina@kabouterland.co.za 076 815 4932

📅 Dagroetine

07:00Ontvang maatjies & vryspel
07:30Ontbyt
08:00Bybelstorie en liedjies
08:45Bottel en oggendslapie
09:15Opstaan en doekies ruil
09:45Oggendkring
10:00Kreatiewe werkie
10:30Oggend aktiwiteit
11:00Vryspel
11:30Middagete
12:00Bottel en slaap
14:00Opstaan en bottel
14:15Doekies ruil en gesiggies was
14:30Middag aktiwiteit
15:00Poeding
15:30Musiek aktiwiteit
16:00Vryspel
16:45Doekies ruil en gesiggies was
17:30Maatjies gaan huis toe

🎒 Benodigdhede (alles gemerk)

  • 1x Pak doeke
  • 1x Boudesalf
  • 2x Wipes
  • 1x Warm kombers / winter slaapsak
  • 1x Receiver blanket / somer slaapsak
  • 1x Kussing
  • 1x Beddegoed sak
  • 2x Waslappe
  • 2x Ekstra sokkies
  • 2x Ekstra klere (warm en koud)
  • 2/3 bottels (borsmelk/formule/tee)
💊 Medisyne houer (Roomysbak):
• Koors stroop (Panado/Calpol)
• Buscopan stroop
• Sonskerm
• Ekstra troosie (bv dummy)
• Watte/kapok
• Medisyne spuit
• Vicks/zambuk
• Dettol
Scroll to Top