Skilpadjieklas
Ouderdom: 18 – 24 maande
Peuters vol nuuskierigheid en energie, gereed vir hul eerste stappies in onafhanklikheid.
Age: 18 – 24 months
Toddlers full of curiosity and energy, ready to take their first steps into independence.

Hoof Toesighouer 2025 – Shannon Williams
Hallo, ek is Shannon Williams. Ek het grootgeword in Jamestown, Stellenbosch en het my matriek aan Lückhoff Hoërskool voltooi. Ek het my N6-kwalifikasie in Educare aan Boland Kollege in 2017 verwerf, en het dadelik daarna by Kabouterland as assistent begin werk.
Ek is baie lief vir kinders en het ’n natuurlike passie om vir hulle te sorg en hulle te ondersteun. Ek is ’n vriendelike, eerlike en betroubare persoon wat graag ’n verskil wil maak in elke klein Skilpadjie se lewe.
Ek is avontuurlustig en hou daarvan om nuwe plekke te besoek. Ek neem nuwe uitdagings ernstig op en doen my beste om dit suksesvol af te handel.
Ek is ook ma van my seuntjie, Carter, wat my elke dag inspireer om met liefde en toewyding te werk.
“Elke fout wat jy begaan is 'n leerproses om in die toekoms beter te doen.."
Assistente

Jo-Anne De Clercq

Tamrynn Samuels

Hoof: Peuters 2025 - Katrina Krause
"Teaching is a noble calling that requires patience, dedication, and a passion for shaping young minds."