Paddaklas

Die Paddas is vir die kleuters van twee en ‘n half tot drie jaar. Die klas het 22 kleuters en drie personeellede.

Onderwyseres 2021 - Angie Elbrink

Angie is in Stellenbosch gebore en het hier grootgeword. Sy het haar skoolloopbaan voltooi aan Stellenzicht Senior Sekondêr. Sy het Educare aan Bolland kollege studeer.  Angie is getroud en het twee kindertjies, Grantham en Tegan. Sy is vanaf 2006 werksaam by Kabouterland en het reeds by al die verskillende ouderdomme ondervinding opgedoen. Daar is vir haar niks mooier as 'n gelukkige kindergesiggie nie. Angie sal alles in haar vermoë doen om haar kaboutertjies gelukkig te maak. Sy sal daarna strewe om ons kabouters mooi te leer, gelukkig te maak en gelukkig te hou. Sy sal graag elkeen se unieke behoeftes wil aanspreek en saam met elke ouerhuis 'n pad wil stap. Angie stel God in alles eerste in haar lewe.

”Sonder die Here is alles tevergeefs.”

Assistente

Ursela

Loer In Die Klas