Vlindertjies

Die Vlindertjies is vir die babas van 3 tot 12 maande. Twee klas elk het 8 babas en drie personeellede.

Hoof toesighouers 2017- René Paulse en Monica de Ruiter


Rene

              Rene Paulse

René Paulse het matrikuleer aan Luckhoff Senior Sekondêr, Stellenbosch en het daarna ‘n sekretariële kursus voltooi by JCT. Sy is getroud met twee dogters en woon tans in Cloetesville.  René is baie betrokke by haar kerk. Sy is baie lief vir kinders en glo hulle is ‘n gawe van God. Haar doelwit is om altyd haar beste te gee vir Kabouterland se kinders. Sy wil graag aanhou om te groei as ‘n versorger vir Kabouterland se babas en is dankbaar dat sy ‘n verskil kan maak in elke klein kaboutertjie se lewe.

”Ek kan alles doen deur Christus wat my die krag gee.”

Monica

        Monica De Ruiter

Monica het in Stellenbosch groot geword en gematrikuleer aan Stellenzicht Sekondêr.  Sy het haar Educare diploma deur Bergzicht Opleidingsentrum verkry en het daarna by Kabouterland begin werk. Monica is getroud en het drie kindertjies. Sy is tans woonagtig in Somerset Wes. Monica is n gelowige wat haar Christenskap uitleef deur ons kinders met baie liefde en deernis te versorg, asof hulle haar eie is. Sy het ‘n passie om met kinders te werk en raak onsettend lief vir elke kindjie wat onder haar hande deurgaan.  Sy is baie lief vir die see en geniet dit om te lees.

Haar leuse is:  “Jou kabouter is my kabouter.”

Assistente

Ella
Ella
Sanna
Sanna
Florina
Florina 
Magdalene
Magdalene

Loer in die klas

img_20161116_102525

20161121_101723     20161121_101744

20161121_101710

img_20161116_102301  img_20161116_102344