Skilpadjies

Skilpadjies 2020

Die Skilpadjies is vir die babas van 8 tot 16 maande. Die klas het 12 babas en drie personeellede. Ons begin die jaar as klein baba’tjies, maar word so vinnig groot en verander  sommer gou in klein peutertjies wie rond kan hardloop en vinnig leer.

Hoof Toesighouer 2020 – Shanon Williams

Shannon het goot geword in Jamestown, Stellenbosch. Sy het gematrikuleer aan Hoërskool Luckhoff. Sy het ‘n natuurlike passie om met kinders te werk, hulle te versorg en lief te hê. Sy het Educare by Boland Kollege in Stellenbosch studeer en in 2017 die kursus voltooi. Shanon het direk daarna by Kabouterland ingeval as klas-assistent. Sy het haarself bewys as iemand wie verantwoordelikheid kan aanvaar en vir haarself kan dink.

Shanon is ‘n vriendelike, eerlike en betroubare mens op wie Kabouterland trots is. Sy is baie avontuurlustig en geniet dit om nuwe plekke te sien. Sy pak nuwe uitdagings met alle erns aan en voltooi dit tot die beste van haar vermoë. Sy sien uit daarna om ‘n verskil te maak in elke klein Skilpadjie se lewe!

Haar motto is: Elke fout wat jy begaan is ‘n leerproses om in die toekoms beter te doen.

Assistente

Magdalene
Yolanda

Loer in die klas

img_20161115_115541

img_20161116_101548

img_20161117_101803

img_20161116_101529

img_20161117_093615

img_20161110_092626