Padda Klas

Die Paddas is vir die kleuters van twee en ‘n half tot drie jaar. Die klas het 22 kleuters en drie personeellede.

Angie Elbrink ~ Onderwyseres 2020

Haar motto is: Sonder die Here is alles tevergeefs.

Angie is in Stellenbosch gebore en het hier groot geword. Sy het haar skoolloopbaan voltooi aan Stellenzicht Senior Sekondêr. Sy het Educare aan Bolland kollege studeer.  Angie is getroud en het twee kindertjies, Grantham en Tégan. Sy is vanaf 2006 werksaam by Kabouterland en het reeds by al die verskillende ouderdomme ondervinding opgedoen. Daar is vir haar niks mooier as ‘n gelukkig kindergesiggie nie.Angie sal alles in haar vermoë doen om haar kaboutertjies gelukkig te maak. Sy sal daarna strewe om ons kabouters mooi te leer, gelukkig te maak en gelukkig te hou. Sy sal graag elkeen se unieke behoeftes wil aanspreek en saam met elke ouerhuis ‘n pad wil stap. Angie stel God in alles eerste in haar lewe.

Assistente

        Ursela
 
Saulencia

Loer in die klas

img_20161115_110210

img_20161115_110257

img_20161115_110325

img_20161115_110319