Kersgeskenke 2014

Liewe mammas en pappas,

 

Ons maak hierdie jaar weer Kersgeskenke!  Die voorbeelde van die kersgeskenke is uitgestal by die voordeur.

 

Ek wil net graag vir die nuwe ouers verduidelik hoe dit werk.  Jou eie kind verf, teken of druk patrone op die items wat jy bestel.   Dit maak die geskenkies baie spesiaal en persoonlik.  Die enigste item waar die kinders nie betrokke is nie, is die yskasmagnete.  Ons kan ook byvoorbeeld ‘n boetie en ‘n sussie saam laat verf op een item of saam op ‘n foto wees vir die horlosie en die kersbal.  Indien julle so ‘n kombinasie van sussies of boeties verkies, kan julle dit net so aandui onder op die bestelvorm by  “spesiale versoeke”.

 

Ek wil net noem dat die verskillende opsies van die geskenkpapier teen die muur opgesit is, so een vel van die geskenkpapier het net een van daardie patrone op.  Die patrone is genommer, 1 tot 10, en julle kan by die “spesiale versoeke” skryf watter nommer/patroon jul verkies.  Die kleure mag dalk verskil.

 

Die bestelvorm is hier aangeheg en ons vra dat al die bestellings teen volgende Vrydag , 7 Oktober, geplaas word.  Ons kan ongelukkig nie laat bestellings aanvaar nie.

Julle kan die bestelvorms terugstuur via e-pos of afgee in die kantoor.  Ons vra dat die betaling ook asseblief saam met die bestelling gedoen word.  Kontant en bankoorplasings is welkom.  ( Die skoolfonds rekening)  Gebruik jou kind se naam en van as verwysing en stuur asseblief die bewys van betaling na my toe by info@kabouterland.co.za .

 

Ons sal die geskenke die einde van November uitgee.  Die wins gaan gebruik word om ons cctv kamera’s te opgradeer.

 

Ons is baie opgewonde en dink die geskenkies is pragtig!  Ons hoop julle dink ook so. Loer gerus daar by die voordeur en onthou dat daar net twee weke tyd is om die bestellings te plaas, so laat waai!

 

Vriendelike groete

 

Kim

Kabouterland

Tel – 021 8801043/57

Fax – 086 518870

www.kabouterland.co.za